Welkom by Singsaam!
Laai melodieë af vir die gebruik in SingSaam.
Onthou dat die melodieë beskerm is en dat dit slegs binne Singsaam gebruik kan word.
Agtergrond
- Singsaam is aanvanklik ontwikkel vir gebruik binne die GKSA
- Melodieë se nommering is gebaseer op die nommering soos gebruik in die GKSA. Die nommering van Skrifberymings kan vreemd voorkom.
- Met die uitbreiding na die ander Afrikaanse Kerke se sangbundels, is meer melodieë byhevoeg.
- Daar is vier verskillende begeleidings beskikbaar, waarvan Kerkorrel en Huisorrel volledig is. Die ander twee is by sommige liedere beskikbaar.
Vervang Melodie
Soms gebeur dit dat 'n melodie 'n fout binne Singsaam wys. Ons het die melodieë op die Internet geplaas sodat dit afgetrek kan word en op die stokkie vervang kan word.
Volg die volgende stappe:
- Bepaal en maak seker watter begeleiding u nodig het (Kerkorrel, Huisorrel, Bybelmedia of Joop van der Ham)
- Bepaal en maak seker wat die nommer van die begeleiding is wat u soek
- Daar is verskil tussen byvoorbeeld Psalm 43 en Liedboek 43 se melodie
- Dikwels het die melodie 'n ander nommer (Ps. 105 word gesing op Ps. 94 se melodie)
- As u twyfel oor die melodie, hier is die lys van melodieë.
Die lêer wat daan oopmaak, is 'n foto - way u kan aflaai en bêre
vir toekomstige gebruik.
- Onthou dat liedere (ter wille van die programmering) 2 - 5 verskillende lêers kan gebruik (Byvoorbeeld: 36i.mp3, 36v.mp3, 36s.mp3, 36h.mp3 of 36z.mp3). Selekteer al die Lêers om af te trek.
Onthou die volgende!
In die linkerkantste kolom van die lêer wat u hierbo gekies het, is die melodie wat u wil vervang.
- Slegs nommer = Psalms
- L = Liedboek
- H = Halleluja
- G = Gesang
- S = Skrifberyming
Aan die linkerkant is die Psalm wat gekies is, en aan die regterkant die melodie wat gebruik is.
Hoe om op te dateer
U het bepaal watter begeleiding u nodig het (Bybelmedia | Kerkorrel | Huisorrel | Joop van der Ham)
Hieronder is die skakels na die lêers op Google Drive. Kry daar al die lêers, laai dit af en plaas dit in die regte folder op die stokkie.
Musiek vir Voorspel, Kollektespel, Naspel en Ekstra (LoadedMusic)